Ek is die lappop wat nie praat
En maak net op jou liefde staat
Saans lê ek blind en stil en doof
En lig nie meer my semel-hoof
My hande roer nier en my lyf
Word met jou weggaan koud en styf
Sonder jou hulp kan ek nie loop:
Jy het me sommerso gekoop
En sal my nog een guy fawkes-nag
Goedsmoeds verbrand en daaroor lag
Ek es die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.

Composição: