Vlerke
Te lank al is ek teruggetrokke
Skuil ek in die skadu's waar die son my nie kan bereik nie
Te lank al kruip ek nie meer uit die duister huis
Waarin ek my dig toegesluit het nie
Maar jy het hierdie yster kluis
Verbrysel met jou glimlag wat van son gemaak is!
Jy gee my vlerke
Jy laat my vlieg
En ek vlieg op die wieke van die winde
Van my wildste drome
Vlieg soos n arend uit die nag.
Te lank al leef jy sonder hoop
Dat liefde jou weer terug sal vind
En lig in jou lewe kan bring
Te lank al sien jy nie die weg
Die weg wat jou hart vir jou wys
Wat lei tot jou bevryding
Maar ek sing vir jou n nuwe lied
Van drome wat waar kan word
En in ligskerwe verskiet
Jy het vlerke
Jy kan vlieg
En jy vlieg op die wieke van die winde
Van jou wildste drome
Vlieg soos n arend na die son!
Alas
Por mucho tiempo he estado retraído
Escondido en las sombras donde el sol no puede alcanzarme
Por mucho tiempo ya no salgo de la oscura casa
En la que me encerré firmemente
Pero tú has destrozado esta prisión de hierro
Con tu sonrisa hecha de sol
Tú me das alas
Tú me haces volar
Y vuelo en las alas de los vientos
De mis sueños más salvajes
Vuelo como un águila desde la noche
Por mucho tiempo has vivido sin esperanza
De que el amor te encuentre de nuevo
Y traiga luz a tu vida
Por mucho tiempo no ves el camino
El camino que tu corazón te muestra
Que te lleva a tu liberación
Pero yo canto para ti una nueva canción
De sueños que pueden hacerse realidad
Y se desvanecen en pedazos de luz
Tienes alas
Puedes volar
Y vuelas en las alas de los vientos
De tus sueños más salvajes
Vuelas como un águila hacia el sol!