visualizaciones de letras 460

Hillbrow

Stef Bos

Ou man sit by die straatkafees,
en kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar,
en Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand,
en hou oop die hand…ja

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

In Quartz Straat hoor ek 'n meisie my roep,
daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus? Vra 'n man op die stoep,
tussen Hillbrow records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur,
en die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag,
sy sein vir die junkies wat wag, o

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,
gee jou hart vir Hillbrow,
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,
en stemme en musiek klink in elke woonstel.
Ons sit in die son, drink wyn,
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,
op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate,
gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow


Comentarios

Envía preguntas, explicaciones y curiosidades sobre la letra

0 / 500

Forma parte  de esta comunidad 

Haz preguntas sobre idiomas, interactúa con más fans de Stef Bos y explora más allá de las letras.

Conoce a Letras Academy

¿Enviar a la central de preguntas?

Tus preguntas podrán ser contestadas por profesores y alumnos de la plataforma.

Comprende mejor con esta clase:

0 / 500

Opciones de selección