Vyf lewens
Chris Chameleon
Met die eerste wit john collins
Is ek 'n kunstenaar uit die renaissance
Jy is die mona lisa van my hart
En ek bekend met 'n da vinci-smart
Ek sien in spieëls 'n karmeliete vader
Wat draai en draai en my gedurig nader
Teerheid en tering speel in sy oë saam
Dis ek, dis ek, wat in die spieël staan!
Toe loop ek op my tone op 'n draad
'n sierlik, pagel-sirkus akrobaat
Ek spoed die lug in om te voel
Die dood hang aan my slingerstoel!
Die voetval wat deur ster-nat strate klink
Die maer gelaat wat in bierglase blink
Die man wat hurk in roelandstraat
Wat sterf van honger is my skadu-maat!
Die vyfde collins maak my nugter
Die papie roer en ek word digter...



Comentarios
Envía preguntas, explicaciones y curiosidades sobre la letra
Forma parte de esta comunidad
Haz preguntas sobre idiomas, interactúa con más fans de Chris Chameleon y explora más allá de las letras.
Conoce a Letras AcademyRevisa nuestra guía de uso para hacer comentarios.
¿Enviar a la central de preguntas?
Tus preguntas podrán ser contestadas por profesores y alumnos de la plataforma.
Comprende mejor con esta clase: