visualizaciones de letras 255

Oop Vir Misinterpretasie

Fokofpolisiekar

Net die skoon word vermoor
Net die sag kry seer
Net die jonk glo
Soos wat net die jonk van hart kan glo

Elke jaar gaan vinniger verby
Daar is geen konstantes nie
My ideaal is net 'n skadu teen die muur

Kunsmatig of nie
Dis my kennis, my vuur
Alhoewel mens nooit kan seker wees oor enige iets nie

My skoene is deur vroue slawe in die verre-ooste gemaak
Dis nie my skuld nie
My korttermyn geheue verval
Tersiźre opvoeding nietig verklaar
Dis nie my skuld nie

Net die skoon word vermoor
Net die sag kry seer
Net die jonk glo
Soos wat net die jonk van hart kan glo

Elke jaar gaan vinniger verby
Moet nie bekommer nie
Jou verbeelding spring jou voor
Dit was nog altyd so

'n mens kan baie praat
Tog sukkel om sin te maak
Almal weet perspektief
Is nie 'n speelding nie

My vriende se bediendes het hulle met liefde groot gemaak
Dis nie my skuld nie
Ek herinner myself aan my pa
Hulle moes grens toe gaan
Dis nie my skuld nie

Net die skoon word vermoor
Net die sag kry seer
Net die jonk glo
Soos wat net die jonk van hart kan glo


Comentarios

Envía preguntas, explicaciones y curiosidades sobre la letra

0 / 500

Forma parte  de esta comunidad 

Haz preguntas sobre idiomas, interactúa con más fans de Fokofpolisiekar y explora más allá de las letras.

Conoce a Letras Academy

¿Enviar a la central de preguntas?

Tus preguntas podrán ser contestadas por profesores y alumnos de la plataforma.

Comprende mejor con esta clase:

0 / 500

Opciones de selección